KOMPETISIES 2020/21
TEMA: WEES JY DIE SONSKYN
The best part of competition is that through it we discover what we are capable of - and how much more we can actually do than we ever believed possible.
STREEKKOMPETISIES
BREIWERK: BEGINNERS NEKVERWARMER (Cowl, nie 'n serp nie) VEREISTES: VOORKOMS: Die voorkoms moet aantreklik en modieus wees. Die artikel moet ‘n netjiese, professionele indruk skep. STYL EN PASSING: Kies ‘n styl wat aan die vereistes van die klas voldoen. PATROONSTEKE: VEREISTE: Enige een of meer patroonsteke kan gebruik word. Die grofheid of fynheid van die patroonsteek moet pas by die grootte van die artikel en by die ouderdom van die persoon vir wie dit gemaak is. Breidraad: Neem die styl van ‘n artikel in ag by die keuse van tekstuurbreidraad. Jou breidraad moet by jou artikel pas. PARSING: Alle breiwerk, behalwe riffelpatrone, moet gepars word om dit te set. Die vesels mag nie platgedruk, blink of geskroei wees nie. Saamgestel deur: Sunette Barnard HEKELWERK GEHEKELDE BEURSIE VEREISTES: DRAAD: Eie keuse, maar kies dit wat geskik is vir die tipe artikel en patroonsteek. KLEUR: Net een kleur mag gebruik word. Geen twee toon kleur nie. GROOTTE: Enige fatsoen en grootte. Moet ‘n metaal knipraam hê wat ingehekel of aangehekel word. PATROON: Geskikte patroon keuse vir grootte . AFWERKING: Moet netjies en afgewerk lyk. Geen versierings toelaatbaar nie. Saamgestel deur Sunette Barnard MASJIENBORDUURWERK TAFELLOPER/MIDDELLAP VIR JOU TAFEL TEMA: Masjienborduur op ‘n tafelloper/middellap vir jou tafel. Tafelloper kan rond, vierkantig, ovaalvormig of langwerpig wees. Nie langer as 1.5 meter nie. VEREISTES: Maak gebruik van masjienborduur ONTWERP: Kies ‘n patroonsteek wat mooi plat lê dit is sonder verhewe gedeeltes, en met ‘n netjiese, egalige rand. BORDUURSTOF EN GARE: Gebruik borduurstof, borduurgare en masjien naalde wat geskik is om die borduursoort van jou keuse korrek uit te voer. AFWERKING EN AANBIEDING: Die afwerking van die artikel word bepaal deur die soort artikel wat gemaak word. Saamgestel deur: Sunette Barnard HANDVLYT MACRAMé MUURBEHANGSEL IN EEN KLEUR Maksimum grootte: 1m x 1,5m Benodighede:
Word aangebeid met ‘n gewone Dowel waarop dit kan hang en in plastiek verpak. Voorkoms en bruikbaarheid 60 Werksgehalte 40 Opgestel, Wendy Bam Malieveldstreek PRESERVERING PIESANGBLATJANG Blatjang word gemaak van saggekookte vrugte- of groentemoes, of ‘n mengsel van die twee, met speserye en asyn gegeur. Dit moet dik wees, nie loperig nie en moenie skei nie. Kook dit tot’n moes, sonder groot stukke. Ongeveer so dik soos fynkonfyt. Kerrie en mosterd as geurmiddels word soms gebruik. Die smaak moet geurig, prikkelend, kenmerkend van die vrugtesoort wees. Nie ‘n oorheersende asyn- of speserysmaak nie. Geen bysmake van gebruikte bottels nie. VEREISTE: Die bottel moet korrek gevul word – 1cm van bo af, en verseël wees. Merk die bottel met ‘n etiket, 2cm van onder met produk se naam en datum wat dit gemaak is. Hoe langer die blatjang staan, hoe meer vermeng die geure. Maak seker dat die bottels mooi skoon en gesteriliseer is. Die deksels moet nie beskadig wees nie, aangesien die suur van die blatjang dit verder kan laat verweer. Bottels en deksels wat nie goed gesteriliseer is nie, kan ‘n bysmaak aan die produk gee. Saamgestel deur: Sunette Barnard SKRYFKUNS DIE SKETS: GEDULD Die skets is ‘n kort prosastuk wat ‘n “statiese” lewensprent wil uitbeeld. Dit is sonder die diepte van ‘n kortverhaal en is die verhaalelement ondergeskik. Dit is by uitstek beskrywingskuns. Die skets handel gewoonlik oor ‘n enkele karakter binne ‘n enkele incident. Riglyne
Aanbieding: A4 plastieksakkie, deelnemer se naam en tak word op ‘n toegevoude papiertjie agterop vasgeplak. Saamgestel deur: Wendy Bam Malieveldstreek SKETS 'n PRENT VAN DIE KOP VAN EEN VAN DIE GROOT VYF Tema: Die kop van een van die Groot 5 diere geteken met houtskool. Bv. ’n renoster, olifant, leeu, ens. Skilder slegs die KOP vooraansig, syaansig, halfaansig, ens. Materiaal: HOUTSKOOL. Gebruik enige van die volgende: Houtskoolstokkies – hard, medium of sag. Houtskoolpotlode – hard, medium of sag. Wit kryt, wit pastel en witpastelpotlode. ’n Sagte uitveër (“kneaded rubber”). Tortillons (“blending stumps” of papierstokkies). Fikseermiddel vir kunstenaars of goedkoop haarsproei, wat geen olies bevat nie. Basis: Wit tekenpapier of wit waterverfpapier of grys pastelpapier of grys suikerpapier. Plak papier op stewige karton Wit “board” kan ook gebruik word. Die basis kan ook met houtskool grys gekleur word, indien verkies. Tegniek: Bestudeer tegnieke om houtskool aan te wend. Styl: REALISTIES. Dit hoef nie fotorealisties te wees nie, maar die dier moet goed herkenbaar wees. Grootte: Nie groter as A4 nie. Aanbieding: FIKSEER die prent sodat dit nie smeer nie. Bied aan ‘n A4 plastiek sakkie. Opgestel deur: Wendy Bam Malieveldstreek. HERWINNINGSPROJEK TEMA: MY ROMMEL, MY VERANTWOORDELIKHEID MAAK 'N INKOPIESAK UIT HERWINDE MATERIAAL Riglyne Die artikel moet uit herwinde materiaal gemaak word. Dit moet stewig en bruikbaar wees. Enige tegniek kan gebruik word bv. Hekel, brei, masjienwerk, smelting van plastiek sakke. Grootte: Maksimum van 60cm Voorkoms en Bruikbaarheid :60 Algemene ontwerp en grootte: Balans, verhoudings, geskiktheid en oorspronklikheid. Kleur: Geskiktheid, variasie en balans. Estetiese Waarde: Die algemene aantreklikheid Bruikbaarheid Werksgehalte:40 Netheid en vaardigheid ten opsigte van konstruksie. Korrektheid en duursaamheid van konstruksie. Algemeen: Kreatiewe gebruik van Rommel. Die geskiktheid van tooisels, sal tydens beoordeling in aanmerking geneem word. Saamgestel deur Wendy Bam |
BREIWERK: GEVORDERD
NEKVERWARMER (Cowl, nie 'n serp nie) VEREISTES: VOORKOMS: Die voorkoms moet aantreklik en modieus wees. Die artikel moet ‘n netjiese, professionele indruk skep. STYL EN PASSING: Kies ‘n styl wat aan die vereistes van die klas voldoen. PATROONSTEKE: VEREISTE: Daar moet ‘n kabel ingebrei word. Enige ander patroonsteke mag gebruik word. Die grofheid of fynheid van die patroonsteek moet pas by die grootte van die artikel en by die ouderdom van die persoon vir wie dit gemaak is. Breidraad: Neem die styl van ‘n artikel in ag by die keuse van tekstuurbreidraad. Jou breidraad moet by jou artikel pas. VEREISTE: Nekverwarmer moet een of meer knoop en knoopsgat hê. PARSING: Alle breiwerk, behalwe riffelpatrone, moet gepars word om dit te set. Die vesels mag nie platgedruk, blink of geskroei wees nie. Saamgestel deur: Sunette Barnard BORDUURWERK 'N MUURPRENT IN KRUISSTEEK Borduurstof: Gebruik stewige ewedraadstof vir die ontwerpgedeelte. Ontwerp: Ontwerp moet goed beplan word. Die hele oppervlak moet met borduursteke bedek word. Gee aandag aan al die kunsbeginsels. Gekoopte ontwerpe mag ook gebruik word. Daar is baie gratis ontwerpe op die internet beskikbaar. Borduursteke: Gewone kruissteek, gekombineer met ʼn minimum van nog drie ander variasies van kruissteek. Indien nodig, kan holbeinsteek saam gebruik word, geen ander borduursteke nie. NB. Die boonste drade van die kruise moet almal in dieselfde rigting lê. Borduurdraad: Kies borduurdraad wat effens dikker as die draad van die borduurstof is. Verskillende diktes borduurdraad kan ook vir tekstuureffek gebruik word. Filament kan oordeelkundig gebruik word. Slegs 10% krale is toelaatbaar. Grootte: Maksimum A3 Aanbieding: Bied aan gemonteer of net gespan. Verpak in Borrelplastiek Algemeen: ’n Voltooide artikel moet aangebied word. Opgestel deur Wendy Bam Malieveldstreek MASJIENWERK NUTSAK MET KOMPARTEMENTE
Saamgestel deur Sunette Barnard GEBAK BATTENBERG KOEK Die baie bekende Battenbergkoek is na bewering vernoem ter ere van die huwelik tussen Prinses Victoria, die kleindogter van Koningin Victoria en Prins Louis van Battenberg in Duitsland in 1884. Battenberg verwys na die dorp Battenberg in sentraal Duitsland. Prince Louis was een van 4 seuns uit ’n aristokratiese familie van Battenberg in Duitsland. Vandaar die 4 panele wat kerkvensters voorstel. Grootte en vorm: Dit is ’n botterkoek met die stukkies aanmekaar gesit met fyn appelkooskonfyt. Die koek word aan die bo-kant met marsepein bedek en wanneer dit in dwarssnit gesny is, vertoon dit ’n kenmerkende skaakbord patroon wat afwisselend pienk en geel van kleur is. Die koek word gemaak deur ’n geel en ’n pienk botterkoek apart te bak en dan die stukke te sny en in ’n geruite patroon te kombineer. Die koek word bymekaargehou deur appelkooskonfyt en aan die bokant bedek met marsepein. Daarna word die hele koek bedek met pienk malvalekkerfondant. Die koek word afgerond met ‘n ruitpatroon in die fondant net aan die bokant en met silwer balletjies. Die koeke kan in ‘n brownie pan met ’n grootte van 20cm by 20cm gebak word. Bak een pan met geel koek en een pan met pienk koek. Elke koek word in 4 stroke gesny van 5cm elk. Die stroke moet 5cm breed wees en 5cm hoog. Die voltooide koek moet nie korter as 18cm wees nie. Die stroke word in ’n skaakbord patroon gepak en met fyn appelkooskonfyt aanmekaar gesit. Die koek is dus 18cm lank en 10cm hoog en 10cm breed. Gebruik die handleiding vir inligting rakende die bak van die botterkoek. Aanbieding:Dit word in ’n gekoopte broodvormige houer met ’n deurskynende opligdeksel aangebied. Resep vir malvalekkerfondant Wit margarien om bak mee te smeer. 400g malvalekkers. Gelyke hoeveelhede wit en pienk. 1500ml Versiersuiker (6k) gesif. +- 30 ml Water Net indien nodig. Smeer ’n groot mikrogolfbak met wit margarien. Sit malvalekkers in en mikrogolf tot opgepof en gesmelt. Hou dop. Nie te lank nie. Meng die gesmelte malvalekkers en versiersuiker met ’n deeghak. Voeg die versiersuiker koppie-vir-koppie by. Meng tot ’n deegbal. As deeg te droog is, knie wit margerien in. Knie 8 minute. Maak lugdig toe en laat rus. Hoe langer hoe beter. LEKKERS HONEYCOMB MET NEUTE VEREISTE: 6 x Honeycomb stukke gebreek, min of meer 3x4 cm. Bied aan in ‘n plastiese bakkie wat seël. Die lekkers gaan maklik ‘klam’ raak as die nie in ‘n toe houer verpak word nie. Honeycomb word gemaak van suiker, water en heuning/glukose en word gekook tot hardekraak stadium. Dit word dan van die stoof afgehaal en koeksoda word bygevoeg. Roer net ± 3 keer tot gemeng, anders word die lugborrels gebreek. Gooi dadelik oor die neute wat in ‘n gesmeerde pannetjie is. Laat afkoel en breek in stukke. Stukke kan ook afgemeet word met ‘n mes terwyl nog warm. Dit kan dan later op daardie merke gebreek word. Heuning of glukose kan gebruik word. Enige soort neute kan gebruik word. Verwyder doppies eers van neute. Algemene voorkoms: Vorm en kleur 50% Tekstuur en smaak 50% Saamgestel deur: Sunette Barnard MIKROGOLFGEBAK 'N ONVERSIERDE KOPPIEKOEKIE VEREISTE: ‘n Koppiekoekie wat in ‘n koppie of beker gebak word in die mikrogolf. Mag geen versiering op hê nie. Enige geur en tipe beslag mag gebak word. MOET vertoon word in die koppie waarin dit gebak is. Omdat die koekie nie versier word nie, kan enige byvoeging gebruik word om die smaak van die koekie te komplimenteer. Mikrogolfgebak se bokors en sykante is ligter as oondgebakte gebak, Die oppervlak is gewoonlik klammer en minder bros. Dit het nie die tipies gebakte voorkoms nie. Die binnetekstuur is in ‘n reël fyner en die krummel sagter. Omdat die tipiese gebakte smaak nie so prominent is nie, word geurmiddels en geurige bestanddele dikwels bygevoeg. Saamgestel deur Sunette Barnard Malieveldstreek FOTOGRAFIE PORTRET VAN 'N VREEMDELING: STRAATFOTOGRAFIE
Dis die foto wat net anders is as gewoon, wat die grootste impak maak. Opgestel deur Wendy Bam Malieveld streek BLOMME TEMAS: BEGINNERS: MELLOW YELLOW Mellow Yellow
MIDDELBAAR: WALKING ON SUNSHINE Walking On Sunshine
Die tema is “Geel” en dit sal goed wees as die rangskikking dit weerspieël. Waardevolle inligting en wenke:
|
PROVINSIALE KOMPETISIES
VLU Mpumalanga
Provinsiale kompetisie Breiwerk: Beret vir ‘n dame Die term “garing” Beskryf enige draad wat opgedraai is as ‘n bol,tol of string. Die vesel en doel van die garing omskryf dit verder bv.wolbreigaring, katoengaring of mercer hekelkatoengaring. Die maklikste wat vir jou as lid bekombaar is mag gebruik word. Vereistes Die strewe moet wees na ‘n modieuse artikel wat aantreklik, netjies en professioneel vertoon. · Breidraad is deelnemer se eie keuse · Patroonsteke moet geskik wees. · Yl kantagtige patroonsteke nie geskik nie. Dit verloor fatsoen. Riglyne: · Kies geskikte patroon met patroonsteek · Dikte van die breinaalde beïnvloed jou brei spanning. Brei ’n proefstuk indien jy twyfel. · Moet nooit in die middel van jou ry ophou brei nie. · Moet nie breinaalde deur breiwerk druk nie, dit rek jou breiwerk. · Heg altyd in patroonsteek af. · Die afhegrand moet rekbaar wees, veral in die geval van ‘n riffel. VLU Mpumalanga Provinsiale kompetisie Hekelwerk: ‘n Pols sierband met Krale. Vereistes: · Krale moet minimum 25% van die totale bandoppervlak beslaan. · Dit moet effe kantagtig wees en plek-plek hekelsteke sonder krale vertoon. (met ander woorde, nie 100% met krale bedek wees nie.) · Moet geskikte, gepaste vasmaakmiddel hê. · Minimum breedte: 5 cm. · Krale moet nie met ‘n enkeldraad aangeheg word nie. Riglyne: · Gebruik enige dikte hekelgare van jou keuse. · Verskeidenheid krale en motiewe is toelaatbaar. · Netheid is uiters noodsaaklik vir hierdie artikel. · Styl en passing sal krediet verdien. Let op na regte en verkeerde kant van hekelwerk. · Beplanning asook konstruksie metode sal hier ‘n baie groot rol speel. Aanbieding: · Artikel moet netjies, fris en skoon aangebied word. VLU Mpumalanga Provinsiale kompetisie Borduurmasjienwerk: Ontdekboekie vir`n kleuter Vereistes: · Minimum 4 bladsye – maksimum 12 bladsye · A5 grootte Riglyne · Tekstielstof eie keuse wat wasbaar is en geskik sal wees vir baie hantering. · 60% borduurmasjienwerk · Speel met teksture en vaardigheidstegnieke ten einde kleuters sensories te stimuleer. · Tooisels mag nie 30% oorskry nie. · Dit is baie belangrik om goed te beplan. · Gebruik genoeg stabiliseerders bv Avalon. · Goeie kwaliteit borduurgare is`n aanbeveling. · Boek moet maklik kan blaai. Sorg dat die ringetjies groot genoeg is om baie hantering te kan verduur en veilig vir klein vingertjies. · Speel met kleur aangesien `n kleuter daardeur geprikkel word. Aanbieding: · Artikel moet netjies, fris en skoon aangebied word. VLU Mpumalanga Provinsiale kompetisie Skilderkuns: Sonsopkoms of Sonsondergang in waterverf Vereiste: · Grootte: A3 na montering · Slegs waterverf mag gebruik word. Riglyne: · Waterverf word gewoonlik op wit papier gedoen. · Gebruik die korrekte papier vir waterverf met ‘n effense tekstuur wat die verf in plek hou en nie die kleure opbreek nie. · Onthou om met verskillende kleurskakerings te speel. VLU Mpumalanga Provinsiale kompetisie Handvlyt: Koordkuns (spyker en tou) Vereistes: · Maksimum grootte A3 Riglyne: · Kleur en dikte van tou moet geskik wees vir die projek · Let op na die tipe spyker wat gebruik word. (Kleur en grootte) · Knope in tou moet nie sigbaar wees by die eindresultaat nie. · Indien bord geverf is moet dit egalig wees en kleur moet die eindresultaat komplimenteer. · Tou moet netjies styf gespan wees. · Enige geskikte tou kan gebruik word soos raffia, wol en tou. · Onthou dit moet pas by die ontwerp VLU Mpumalanga Provinsiale kompetisie Fotografie : Hande met Emosie Grootte van foto A5 Vereistes: · Slegs kleurfoto’s is toelaatbaar. · Geen manipulasie is toelaatbaar nie, bv. deur iets by te voeg of weg te neem uit die oorspronklike foto nie. · Jy mag een of meer van die kante van die foto afsny om die komposisie te verbeter. Montering: · Montering moet nie groter as A4 wees nie. · Montering moet pas by die foto. Aanbieding: · Foto moet in ‘n plastiese lêersakkie aangebied word. · Deelnemer se naam, van, tak en streek moet agterop die montering met kleeflint toegeplak wees en nie op die plastiese lêersakkie nie. · Vou die papier met jou inligting dubbel en plak dan agterop montering. Fotografie (wenke) · Vang ‘n oomblik vas. · Die foto moet impak hê, belangstelling wek · Fokuspunt is spesiale oomblikke. Die onderwerp moet skerp, sterk wees en aandag trek. Die foto moet nie uit fokus wees nie. · Die komposisie, plasing van verskillende elemente op die foto se fokuspunte moet verkieslik 2/3 wees. · Beligting speel ‘n groot rol, daarom moet geen gedeelte oor-of-onderbelig wees nie. · Moenie die tema verkeerd interpreteer nie. Tegniese punte waarna gekyk word · Kleur · Skadu · Agtergrond steuringe · Spikkels · Flits wat harde skaduwee maak · Of die kamera ingezoom was en/ of as daar pixels verlore gegaan het. Aanbieding · Plaas asb in A4 sakkie · Grootte: A5 foto · Montering: moet in A4 sakkie pas, dit gaan in ‘n A4 flip file, indien dit kleiner sal dit op takvlak gediskwalifiseer word of ‘n punt onder 70% kry ongeag goeie gehalte omdat montering nie korrek is nie. · Deelnemer se naam, van en tak moet agterop, sodat as dit verlore raak nie. Sameroepster moet weet aan wie behoort die foto. |
VLU Mpumalanga
Provinsiale kompetisie Handborduurwerk: Stekeboek Grootte: Maksimum A4 Maak jou eie borduursteekboekie – of “sampler” soos in Ouma se dae- wat jy na die volgende geslag naaldwerksters in die familie kan aangee. Vereiste: · ’n Buiteblad en binneblaaie word vereis. · Minimum 6 bladsye maksimum 10 bladsye insluitend buite en binneblad · Minimum van 20 verskillende borduursteke word vereis. · Geen kralewerk of enige ander elemente mag gebruik word nie Wat is ‘n “sampler” Die woord sampler kom van die Franse woord essamplaire, wat beteken enige soort werk wat as voorbeeld gebruik en nagedoen kan word. In die vroegste vorm is dit saamgestel as n persoonlike verwysing vir ‘n borduurster: proefnemings van patrone en steke wat van ander gekopieer is en aantekeninge van effekte wat verkry is en weer gebruik kon word. Dit was dus ‘n bron van patrone en steke wat gebruik kon word voordat daar gedrukte ontwerpe was. Met die maak van die boekie kan jy steke en tegnieke probeer wat in jou smaak sal val in n verskeideneheid van materiale en kombinasies. Ontdek die wêreld van borduur! Riglyne: · Goeie gebruik van borduurstof en borduurgare. · Borduurstof waarop gewerk word, bepaal in ‘n groot mate die geslaagde voorkoms van die voltooide artikel. · Om te verseker dat die borduurstof en gare ewe duursaam sal wees en eenders skoongemaak kan word,word dus aanbeveel dat beide van dieselfde veselsoort is. · Krimp borduurstof vooraf. · Maak gebruik van ‘n borduurraam vir gehalte borduurwerk. Naalde: · Kies die korrekte naalde vir die borduurstof en gare. · Kroel nr. 3-10 vir byna alle borduursteke · Strooinaald vir boeljon –en Franse knopies · Tapisserienaald vir naald kant, verhewe stamsteekband en spinneraksteke waar daar nie deur die materiaal gesteek moet word nie. · Chenillenaalde 18-22 vir die deurtrek en vaswerk van dik drade. · Werk altyd op ‘n borduurraam Steekgebruik: · Oorspronklike en vindingryke gebruik van steeksoorte verdien krediet. · Alle oppervlaksteke mag op hierdie artikel uitgevoer word bv. agtersteek, knoopsgatste, komberssteek, kettingsteek ensovoorts. Randafwerkings: · Korrekte randafwerking vir die borduursoort en tipe artikel moet gebruik word. Konstruksiewerk · Tegniek moet korrek uitgevoer wees vir die bepaalde tipe borduurwerk · Egaligheid van stekewerk verleen eenvormigheid en netheid · Wegwerk van garepunte moet netjies vertoon. VLU Mpumalanga Provinsiale kompetisie Masjienwerk: Appliekwerk Toeryg Wasgoedsak met buitesakkie Maks 50cm x 100cm, Min 30cm x 50cm, Vereistes: · Verskillende soorte appliekwerk kan gebruik word. · Appliekwerk is ‘n vereiste. · Wasgoedsak moet met toeryg metode gemaak word. · Buitesakkie moet kan vasmaak. · 10% tooisels toelaatbaar Riglyne: · Speel met teksture, kleure en tegnieke. · Gebruik dieselfde tekstielstof wat was en stryk hanteer. · Gebruik masjien siersteke · Daar is verskeie maniere om appliekwerk aan artikel te plaas, maak gebruik daarvan. · Spieëlbeeld kan ook gebruik word. · Stabilisering en garing speel ‘n groot rol veral as siergaring gebruik word. Die stabiliseerder moet by die tipe materiaal pas. Vilene kan as stabiliseerder gebruik word. Moenie wegwas stabiliseerder gebruik om die artikel mee te verstewig nie. · Watteersel kan gebruik word vir opstopwerk. · Vasmaak metode van buitesakkie speel ‘n groot rol. Aanbieding: · Artikel moet netjies, fris en skoon aangebied word. VLU Mpumalanga Provinsiale kompetisie Skryfkuns: Prosa Tema: Die Tandemuis. Vereiste • Tik of skryf die skryfstuk op A4 papier in “Arial of Calibri” skrif, no 12, enkelspasiëring. • Woorde: 350 - 400 • Onderaan die storie moet die aantal woorde wat gebruik is aangedui word. • Leestekens tel nie as woorde nie. Riglyne · Taalgebruik, sinskonstruksie, korrekte spelling, leestekens, paragrawe en ‘n goeie storielyn dra by tot ‘n taalkunswerk. · Emosie, spitsvondigheid, humor, ‘n stukkie verrassing, eie ondervinding en fyn waarneming kan bydra tot ‘n goeie Tandemuis storie. Aanbieding: · Deelnemer se naam en van, tak en streek word op ‘n toegevoude papier agterop die A4 papier met ‘n kleefbandstrook geheg. · Die A4 papier word in ‘n A4 plastiese lêersakkie aangebied. |